New Horizons

’n Kunstenaarsvoorstelling van die New Horizons-sending.

New Horizons is 'n onbemande ruimtetuig wat op 19 Januarie 2006 gelanseer is met die doel om foto's van Pluto, sy mane en die Kuipergordel te neem. Die sending is deel van Nasa se New Frontiers-program. Die tuig is gebou deur die Johns Hopkins University Applied Physics Laboratory (APL) en Southwest Research Institute (SwRI). Alan Stern het die bouprogram gelei.

Die ruimtetuig het in die eerste deel van sy sending geslaag toe foto's op 14 Julie 2015 op ’n afstand van 12 600 km van Pluto geneem is. Dit het vier uur en 25 minute geduur vir die data om die afstand van 4,7 miljard km na die aarde af te lê. In daardie stadium was die ruimtetuig se snelheid 14 km/s. Die data is deur ’n reuseskottelantenna in Madrid, Spanje, ontvang wat deel van Nasa se kommunikasienetwerk vorm.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search